Aktiwiteit 2.3: Hormonale beheer van spermatogenese en oögenese en die uteriene siklus.
1. Doelwit: Met die afhandeling van hierdie aktiwiteit, behoort jy
met behulp van ‘n diagram te kan verduidelik watter hormone ‘n rol tydens die vorming van sperme en ovums speel.
te kan verduidelik hoe jy die hormonale beheer van die uteriene siklus aan leerders sal fassiliteer deur ‘n leerderaktiwiteit te ontwerp waar ‘n
ondersoekende strategie gevolg gaan word.
2. Instruksies:
2.1 Bestudeer die gedeelte op p 770 “Hormonal regulation in males” tesame met figuur 41.7. Maak seker dat jy sonder die hulp van enige bronne, so ‘n
diagram sal kan teken as bewys van jou eie begrip hieroor. Hierdie is jou eie werk, jy hoef dit nie in te handig nie.
2.2 Bestudeer die gedeeltes vanaf die opskrif: “The ovarian cycle” op p 772 tot voor die opskrif “Fertilization and pregnancy” op p 774. Die hormonale beheer
van oögenese en die uteriene siklus is hier verweef, maar fig 41.10 gee ‘n idee van die oorhoofse hormonale beheer van di e oögenese proses. Weereens,
maak seker dat jy sonder die hulp van enige bronne, so ‘n diagram sal kan teken as bewys van jou eie begrip hieroor. Hierdie is jou eie werk, jy hoef dit nie in
te handig nie.
2.3 Die KABV (p56) vereis dat aandag aan die hormonale beheer van die uteriene siklus gegee word. Beplan ‘n leerderaktiwiteit (‘n werkkaart) vir die
onderwerp: Hormonale beheer van die uteriene siklus. Dit gaan ‘n ondersoek wees, waar leerders op ‘n bepaalde wyse gelei gaan word om deur die werkkaart
te gaan, sodat leerders self die inhoud bemeester. Hier volg ‘n paar riglyne, wat aansluit by die video wat jy hieroor gekyk het:
die doelwitte op die werkkaart moet aandui dat daar ‘n ondersoek gedoen gaan word;
die werkkaart moet leerders begelei om self antwoorde uit hul bronne te vind;
leerders sal heel moontlik ‘n diagram soos in Fig 41.11 gebruik om ‘n geheelbeeld te vorm van die verskillende prosesse. Dink mooi na oor hoe jy dit
by die ondersoek gaan inkorporeer.
Leerders behoort die ondersoek in ‘n 30-minuut periode te kan voltooi. Jy gaan dus goed moet beplan oor die hulpbronne en die begeleiding hiervan.
Hierdie werkkaart en die rubriek waarmee dit gemerk gaan word, moet saam ingehandig word.
3. Assessering:
Die rubriek hieronder gaan gebruik word om die leerderaktiwiteit te beoordeel. Gebruik die rubriek as hulpmiddel vir die aspekte waaraan jy in die werkkaart
moet aandag gee. Totaal: 20.
Rubriek vir Aktiwiteit 2.3. / Rubric for activity 2.3. Lynn, ek sal hierdie net op die Engelse weergawe invoeg.